Banke oorheers aansoeke in mosiehofApril 4, 2025

Daar was 72 aansoeke vir verstekvonnisse op die mosiehof-rol vanoggend, met 14 op die reël 108-rol. Banke het 34 van die aansoeke, voor regters Beatrix de Jager en Orben Sibeya, gebring. Daar is 22 eiendomslenings met ‘n skuldlas van 25,2 miljoen Namibiese dollar wat nou betaalbaar is en 12 lenings met ‘n skuldlas van 5,97 miljoen dollar wat opgeëis is. In Maandag se sessie hanteer regter Boas Usiku 57 onverdedigde egskeidings.