Weermaghoof dagvaar vir laster oor stemnota oor Itula-sluipmoordplanMarch 26, 2025

Die hoof van die Namibiese weermag, lugmaarskalk Martin Pinehas dagvaar Petrina Ya Shiindi vir 500 000 Namibiese dollar in skadevergoeding. In sy stukke voor regter Beatrix de Jager sê hy sy het ‘n stemnota opgeneem en wyd gedeel waar sy aantygings maak dat Pinehas ‘n vergadering op 27 November verlede jaar gereël het by die Grootfontein-basis om die leier van die IPC Panduleni Itula te vermoor. Hy sê dit bring skade aan sy goeie naam. Die saak sal gestuur word vir bemiddeling en die partye vra uitstel vir drie weke.