Trump stel uiters konserwatiewe Bozell vir SA-ambassadeur voorMarch 26, 2025

President Donald Trump het die konserwatiewe aktivis, skrywer en mediakommentator, Leo Brent Bozell die Derde, as ambassadeur in Suid-Afrika benoem. Hy het die Media Research Centre gestig, ‘n konserwatiewe waghondgroep wat kritiek lewer op skynbare liberale vooroordeel in die hoofstroommedia. Dit kom te midde van gespanne bande tussen die twee lande. Trump is gekant teen Suid-Afrika se onteieningsbeleid, en sy volksmoordsaak teen Israel by die Internasionale Geregshof. Die Senaat moet nog Bozell se aanstelling bevestig.