Sewe joernaliste onder 1 400 in Turkse tronke na onlusteMarch 26, 2025

‘n Turkse hof het beslis dat sewe joernaliste in aanhouding bly oor die dekking van massabetogings wat losgebars het na die inhegtenisneming van president Recep Tayyip Erdogan se vernaamste politieke teenstander. Meer as 1 400 mense word nou aangehou. Die organisasie Verslaggewers sonder Grense bestempel die stap as ‘n skande. Reuse-skares vaar daagliks die strate in na verlede week se optrede teen Istanbul se gewilde opposisie-burgemeester, Ekrem Imamoglu, terwyl nagtelike botsings met die onluste-polisie landwyd versprei het.