Rekord-vergoeding vir man na meer as 40 jaar in dodeselMarch 26, 2025
Die wêreld se langsdienende terdoodveroordeelde, die voormalige Japanse beroepsbokser Iwao Hakamata, gaan rekord-vergoeding van 26-miljoen Namibiese dollar ontvang. Die 89-jarige was langer as 40 jaar in die dodesel. Hy is in 1968 ter dood veroordeel vir die moord op vier mense, maar nuwe getuienis het daartoe gelei dat hy in 2014 vrygelaat is hangende ‘n herverhoor, wat hom verlede jaar vrygespreek het. Die vergoeding is die meeste ooit vir ‘n onregmatige veroordeling in Japan. Hakamata se regspan sê egter dit kan nooit vergoed vir sy lyding nie.