Ontwikkeling: Te veel planne, te veel doelwitte, lae implementeringMarch 26, 2025
Plaaslike ekonoom Salomo Hei sê ‘n 35-jarige persoon soek nie meer na homself nie en Namibië se langtermyn-ontwikkelingsdoelwitte, insluitend Visie 2030, die Nasionale Ontwikkelingsplanne en die Harambee-welvaartsplanne word belemmer deur beleidsteenstrydighede en swak implementering. Hei sê daar is ‘n gebrek aan kontinuïteit in ontwikkelingstrategie en doelwitte word aanmekaar aangepas sonder dat die vorige plan geïmplementeer is. Hy bevraagteken of Namibië toegerus is om gereelde verskuiwings in strategiese fokus te hanteer sonder om langtermynbeplanning te ondermyn.