Man betaal N$100 miljoen vir wolfhondMarch 26, 2025
ʼn Man van Bangalore in Indië, bekend daarvoor dat hy graag duur honde aanskaf, het $5,7 miljoen vir ʼn seldsame wolfhond genaamd Cadabomb Okami betaal. DiE unieke hond ʼn kruising tussen ʼn wolf en ʼn Kaukasiese skaaphond. Dit is vermoedelik enig in sy soort en word beskou as een van die wêreld se duurste honde.
Cadaboms Okami is net agt maande oud en is in die VSA gebore. Hy weeg reeds meer as 75 kg en eet elke dag 3 kg se rou vleis.
Satish, besit meer as 150 verskillende honderasse. Al die honde word baie goed versorg. Hulle woon op ʼn plaas van sowat 2,8 hektaar.
