Oshakati kry ‘n ICUMarch 25, 2025

Die intermediêre hospitaal op Oshakati is besig om ‘n intensiewe sorgeenheid met 17 beddens te bou. Die tweede fase van dié projek maak voorsiening vir onder meer ‘n kompleks met 12 teaters. Kosmos 94.1 het met Ben Nangombe, uitvoerende direkteur van die ministerie van gesondheid, gepraat oor die vordering en koste van die projek.