Gérard Depardieu maak eerste hofverskyningMarch 25, 2025
Die Franse akteur Gérard Depardieu, 76, het in die hof in Frankryk verskyn op klagte dat hy twee vroue tydens verfilming van ‘n rolprent in 2021 seksueel aangerand het. Hy ontken al die klagtes en sou hy skuldig bevind word kan hy tot vyf jaar tronkstraf en ‘n boete van 75 000 euro, amper 1,5 miljoen Namibiese dollar ontvang. Die verhoor is die eerste saak teen Depardieu wat in die hof kom. In die algemeen het sowat 20 vroue Depardieu van onbehoorlike gedrag beskuldig, maar verskeie sake is nie vervolg nie omdat hulle die tydsbeperking oorskry het.