Coco Gauff, Naomi Osaka groet MiamiMarch 25, 2025
Die wêreld-nommer-een Aryna Sabalenka van Belarus is deur na die kwarteindronde van die Miami Ope na ‘n oorwinning oor die verdedigende kampioen, die Amerikaner Danielle Collins. Die ongekeurde Magda Linette van Pole het die wêreld-nommer-drie, Coco Gauff, van Amerika uitgeskakel. Jasmine Paolini van Italië het die Japanner Naomi Osaka verslaan. In die mansafdeling is die voormalige finalis Alexander Zverev van Duitsland deur na die ronde van 16 na ‘n oorwinning oor die Australiër Jordan Thompson.