Zambezi-streek gereed vir vloede: goewerneurMarch 24, 2025
Namibië se hidrologiese dienste sê daar ‘n groot moontlikheid van hewige oorstromings in veral die oostelike vloedvlaktes van die Zambezi-streek. Die Zambezi-rivier by Katima Mulilo se watervlak is 4,28 meter, aansienlik hoër as die 1,39 meter van verlede jaar. Kosmos 94.1 het die streeksgoewerneur van Zambezi, Lawrence Sampofu, gevra of die nodige maatreëls in plek is om veiligheid te verseker.