Hidrologiese Diens reik waarskuwing vir Zambezi uitMarch 24, 2025
Die Namibiese Hidrologiese Diens waarsku in sy jongste opdatering oor donderstorms wat nog vandag in die Kunene-, Erongo-, Khomas- en Hardap-streke kan voorkom. Die diens waarsku verder dat maatreëls in die Zambezi-streek teen oorstromings moet inskop met die Zambezi-rivier by Katima wat 4,34 meter gemeet het teenoor 1,5 verlede jaar. By Rundu vloei die Okavango op 5,7 meter. Daar was nie lesings by Ruacana nie. Die iishanas in die Cuvelai loop hoog, tussen 0,5 tot amper 2 meter.