Twee polisemanne vas in ontvoeringsaak in GautengMarch 14, 2025

Die polisie het ʼn 55-jarige Pakistanse sakeman in Evaton gered en vier ontvoerders, waaronder twee gewese polisielede, op verskeie plekke in Gauteng gearresteer. Die man is vroeg verlede maand by sy huis in Graaff-Reinet in die Oos-Kaap ontvoer deur ʼn groep mense wat hulle as immigrasiebeamptes voorgedoen het. ʼn Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê die slagoffer het volgens berigte die persone na die naaste polisiekantoor vergesel, maar nooit teruggekeer huis toe nie: