Tafeldruiwe presteer baie goedMarch 14, 2025
Namibiese tafeldruiwe is wêreldwyd in groot aanvraag, veral in die hoogs winsgewende Europese mark. Volgens plaaslike produsente sal die 2024–2025 seisoen die hoogste markopbrengste ooit sien. Die vinnige verspreiding van die produkte in verskillende markte, wat aansienlik vinniger was as vorige jare en wat gereelde aflewrings dwarsdeur die seisoen tot gevolg gehad het, het die groeiende vraag verder vasgelê. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Titus Nuuyoma van die Namibiese Akkerbouraad, wat egter sê dat daar 6 persent minder tafeldruiwe in die afgelope seisoen geproduseer is. Hy het meer.