American Airlines-straler vat vlam maar al 172 passasiers is veiligMarch 14, 2025

Amerika se Federale Lugvaart-administrasie stel ondersoek in nadat ‘n brand uitgebreek het op ʼn American Airlines-vlug van Colorado Springs na Dallas-Fort Worth. Die vlug met 172 passasiers aan boord is na Denver herlei nadat die bemanning enjinvibrasies aangemeld het. Die FAA sê ‘n enjin het aan die brand geslaan nadat die vliegtuig geland het. Op beeldmateriaal kan gesien word hoe passasiers deur rook omring op die Boeing se vlerk saamdrom. Twaalf passasiers is hospitaal toe geneem vir geringe beserings.