Steytler bedank as Ontwikkelingsbank se hoof March 11, 2025
Die uitvoerende hoof van die Ontwikkelingsbank van Namibië (DBN), dr. John Steytler, het vandag met onmiddellike effek bedank. Hy gaan nuwe belange en geleenthede navolg, het die Ontwikkelingsbank gesê. Die direksie van die bank sal dadelik met die soektog na ‘n nuwe hoof begin. John Mbango, leningshoof van die bank, sal as tussentydse uitvoerende hoof waarneem. Steytler is in September 2023 as die hoof van die Ontwikkelingsbank aangestel. Hy was ook Namibië se eerste statistikus-generaal. Hy is in 2015 as die ekonomiese raadgewer van wyle president Hage Geingob aangewys, ‘n pos waaruit hy in 2019 bedank het.