Ses verdagtes in N$30m bedrogsaak verskyn weerMarch 11, 2025

Die ses verdagtes wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n 72-jarige sakeman met amper 30 miljoen Namibiese dollar bedrieg het verskyn weer vanoggend in die hof op Walvisbaai. Die slenter het na bewering ‘n bedrieglike kwota-bevestigingsbrief ingevolge die Government Employment Redress Program gebruik met ‘n kwota van 40 000 metrieke ton maasbanker, om hul skema uit te voer. Die hoofverdagte is Victoria George, 34, Cecilia Nakale, 53, ‘n beampte in die  visseryministerie, Abisai Ndeunjema , 34, en Elizabeth Shikongo, 30. Die 54-jarige Elizabeth Niilonga is later by Ondangwa in hegtenis geneem en Vitalis Iithete, 50, is laaste in Lüderitz gearresteer. Regsman Kadhila Amoomo het ‘n dringende borgtogverhoor aangevra.