Drasties meer robbe moet ge-oes word March 11, 2025
Die parlementêre staande komitee vir natuurlike hulpbronne het voorgestel dat die jaarlikse kwota robbe wat ge-oes kan word, van 50 000 na 200 000 verhoog word. Dit is weens die toenemende robbevolking en die impak daarvan op visbronne. Namibië het tans ‘n kwota van 80 000 robwelpies en 6 000 bulle. Vanweë die beperkte mark vir robprodukte is dié kwota nie ten volle gebruik nie en groei die robbevolking. Die komitee het die belangrikheid van doeltreffende bevolkingsbeheer beklemtoon om ‘n balans tussen mariene-bewaring en ekonomiese volhoubaarheid te handhaaf. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie van Naude Dreyer van Ocean Conservation gekry.