Capricorn-uitdaging takel droogte, krag March 11, 2025
Altesaam 49 inskrywings van oral in die wêreld is ontvang vir die Capricorn-stigting se kompetisie om oplossings vir droogte- en energiegeteisterde streke in Namibië te vind. Die Just Transition to the Future Water-Energy Nexus Open Innovation Challenge word in samewerking met internasionale vennote aangebied. Inskrywings is van so ver as Kambodja, Moldawië, Turkye, Indië en verskeie Afrika-lande ontvang. Dr. Rikus Grober, die hoof van innovering by die Capricorn-groep, sê dit is opwindend om soveel verskillende en kreatiewe voorstelle vir oplossings te sien. Kosmos 94.1 Nuus het met Grobler gesels: