Rusland praat van vergelding teen EU oor OekraïneMarch 8, 2025
Rusland het die Europese Unie se “konfronterende retoriek” veroordeel nadat die unie se leiers by ‘n krisisberaad besluit het om hulle verdediging te verskerp. Kremlin-woordvoerder, Dmitry Peskov, het aan joernaliste gesê dat Rusland die EU noukeurig dophou, en gesê dat hulle hierdie militarisering en die uitbeelding van Rusland as die hoofvyand, aktief bespreek. Hy sê dit kan moontlik ‘n onderwerp van diep bekommernis word en kan lei tot ‘n situasie waar dit nodig word om toepaslike vergeldingsmaatreëls in te stel. Hy het nie verder uitgebrei nie.