Oud-Olimpiese atleet gesoek vir moorde, dwelmhandelMarch 8, 2025

Voormalige Olimpiese sneeuplankryer Ryan Wedding van Kanada is op die Amerikaanse Federale Speurdiens se lys van die tien mees gesoekte voortvlugtendes. Hy word daarvan verdink dat hy ‘n geweldadige oor-grens dwelmnetwerk bedryf. Die 43-jarige het vermoedelik honderde kilogram kokaïen vanuit Kolombië na bestemmings in Kanada en Amerika verskeep het, en dat hy verskeie moorde beplan het asook ‘n poging tot moord om hierdie aktiwiteite te bevorder. Ondersoekbeamptes glo dat hy moontlik in Mexiko woon. Wedding het deelgeneem aan die reuseslalom vir Kanada gedurende die 2002 Winter Olimpiese Spele in Salt Lake City.