Voedselhulp-rys van China veroorsaak nie siektes!March 7, 2025

‘n Klankgreep wat op sosiale media versprei word, beweer dat die 27 200 50kg-sakke rys wat as droogte-verligting voedselhulp van China ontvang is, nagemaak is en siektes veroorsaak. Die kantoor van die eerste minister, wat die voedselhulp hanteer en versprei, het die bewerings as vals afgemaak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Maxmus Halwoodi, die kantoor van die eerste minister se woordvoerder, wat meer inligting gee.