Rooilyn-saak regter is geregtig op grondbelasting-kwytskelding: SchlettweinMarch 7, 2025

Die AR-leier Job Amupanda, wat die grondwetlikheid van die rooilyn in die hof betwis, het vroeër beswaar gemaak teen regter Shafimana Ueitele wat die saak aanhoor. Amupanda beweer die regter se objektiwiteit is in die gedrang, omdat die eerste respondent in die saak, landbouminister Calle Schlettwein, hom in Augustus verlede jaar van grondbelasting kwytgeskeld het. Die PDM-parlementslid Hidipo Hamata het Schlettwein in die Nasionale Vergadering oor die kwytskelding uitgevra. Schlettwein het as volg geantwoord.