Polisie knip dwelmhandel deur leerders by skool kortMarch 7, 2025
Die LUR vir Onderwys in KwaZulu-Natal, Sipho Hlomuka het die polisie gelukgewens met hulle vinnige en doeltreffende optrede by Fairvale Secondary School, wat gelei het tot die beslaglegging op onwettige middels en groot bedrae kontant by sekere leerders. Die operasie het gevolg op berigte van geweld en dwelmverwante bedrywighede in die skool. Die woordvoerder van die departement, Muzi Mahlambi, sê hulle sal seker maak dat onderwys en leerwerk voorgesit word in ‘n veilige en dwelmvrye omgewing.