Nederland klop Richelieu Eagles met 53 lopiesMarch 7, 2025
Die Richelieu Eagles het hul eerste wedstryd in die driehoekige reeks waaraan Kanada ook deelneem, met 53 lopies teen Nederland verloor. Die Eagles het Nederland uitgeboul vir 159 in 39,1 boulbeurte, na die kragmeting na 40 boulbeurte verkort is weens reën. Die Eagles se bobaas-bouler Bernard Scholtz het geskitter met 4 paaltjies vir 15 lopies in 8 boulbeurte. Die Namibiërs is egter in 30 boulbeurte uitgehaal vir 106 lopies. Die Eagles se volgende wedstryd is Sondag teen Kanada, ook by Wanderers.