Duisende ontruim voor sikloon Alfred Australië trefMarch 7, 2025
Derduisende mense is ontruim en sowat 84 000 huishoudings in die donker gelaat terwyl ‘n seldsame tropiese sikloon die ooskus van Australië nader. Sikloon Alfred sal na verwagting môreoggend as ‘n kategorie twee-sikloon die land tref, met wind-snelhede van tot 130-kilometer per uur. Oorstromings is reeds veroorsaak en owerhede vrees dit kan oor die naweek vererger. Vier-miljoen mense in Queensland en die noorde van Nieu-Suid-Wallis kan geraak word aangesien tot 800-millimeter reën verwag word.