Amushelelo vaar uit oor joernalis se behandelingMarch 7, 2025

‘n Geskil tussen ‘n senior joernalis by ‘n prominente mediahuis in die hoofstad het uitgeloop op ‘n interne dissiplinêre verhoor. Die joernalis beweer onregverdige behandeling omdat die persoon nie sekere onderwerpe mag dek nie. Verrigtinge is ontwrig toe die sosiale aktivis Michael Amushelelo die lokaal binnegegaan en daarop aangedring het om as die joernalis se verteenwoordiger op te tree. Die polisie is ontbied om hom van die perseel af te begelei. Amushelelo het sy mening gelug.