GIPF-hofsake… kenner sê daar is rede tot kommerMarch 6, 2025

Die Staatsinstellings Pensioenfonds was vanjaar reeds in twee hofsake betrokke. Die eerste was ‘n dringende aansoek teen Myrtle Growth Capital in ‘n aandele-dispuut. Die hof het die aansoek van die hand gewys en die fonds moet die maatskappy se koste betaal. Plaaslike media berig dat Baobab Capital, ‘n nie-operasionele Namibiese beleggingsfirma, nou ‘n regsgeding teen die fonds begin het en skadevergoeding van 228 miljoen Namibiese dollar eis. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Johannes Coetzee, ‘n medeprofessor in openbare bestuur in Nust se departement van bestuur en bestuurswetenskappe, wat sê die publiek behoort bekommerd te wees.

Coetzee het ook ‘n voorstel oor hoe die fonds bestuur behoort te word.