Springbok-stut Mchuna skuif na StormersMarch 5, 2025
Rugby: Die Springbok-loskopstut Ntuthuko Mchunu gaan die Haaie die einde van die seisoen verlaat en by die Stormers aansluit om die leemte te vul wat die Bok-veteraan Steven Kitshoff se uittrede gelaat het. Die 25-jarige het in drie toetse vir Suid-Afrika uitgedraf sedert hy sy buiging in 2022 gemaak het saam met die losvoorspeler Evan Roos en die haker Deon Fourie, wat nou sy spanmaats in Kaapstad gaan word. Die Stormers se direkteur van rugby, John Dobson, sê Mchunu se veelsydige en atletiese spel is sleutelbates.