NamPower vra 17,44% vir 2025/26, grootmaat tariefMarch 5, 2025

Die Elektrisiteitsbeheerraad is tans besig met sy openbare konsultasies in die Khomas-streeksraadsaal. NamPower se aansoek vir ‘n tariefverhoging in die 2025-26 boekjaar word bespreek. Die raad sê NamPower vra ‘n 17,44 persent verhoging in grootmaat-tariewe wat beteken munisipaliteite en streeksverspreiders se verhogings sal volgende jaar nog bygevoeg moet word. Die kragopwekker het verlede jaar aansoek gedoen vir 14,59 persent en het 8 persent ontvang. Die raad se volgende openbare vergadering is Vrydag op Otjiwarongo in die streeksraad se saal.