Industrie het wel kommer oor e-visasMarch 5, 2025
Reaksie oor die nuwe visa op aankoms-stelsel, wat op 1 April geïmplementeer word, word steeds ontvang. Die aansoekvorms is reeds op die binnelandse sake-ministerie se webblad. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nrupesh Soni, die stigter van die Namibia Travel and Tourism Forum, waar die publiek vrae aan die toerisme-ministerie kan rig. Soni het die stelsel getoets en sê alle aansoeke word tans aanvaar, maar daar is bekommernisse.