Daar was 8 plaasaanvalle, nie net 1 nie – AfriForum March 4, 2025

AfriForum het die besonderhede oor agt plaasmoorde wat tussen Oktober en Desember 2024 plaasgevind het aan die minister van Polisie, Senzo Mchunu, beskikbaar gestel, soos deur die ministerie versoek. Dit volg nadat AfriForum die SAPD se data betwis het waarin beweer word daar was slegs een plaasmoordvoorval. Die burgerregtegroep voer aan dat Mchunu die krisis as onbelangrik afmaak en dring aan op regeringsamewerking om landelike misdaad te bekamp. Jacques Broodryk van AfriForum sê as plaasaanvalle ignoreer word is dit ‘n teken van disrespek teenoor slagoffers se families: