Nujoma: Waar’s die tenders?March 3, 2025
Nie ‘n enkele openbare tender is vir stigterspresident Sam Nujoma se gedenkdiens op 28 Februarie, of begrafnis op 1 Maart, uitgesit nie. Die Tender Bulletin berig verder dat net vier van die sewe streke waar gedenkdienste gehou is, kwotasies aangevra het met die Zambezi-streeksraad wat minder as ‘n dag toegelaat het vir spyseniering vir 10 000 mense insluitend agt osse, tente, toilette, meubels en versierings. In Oshana moes die tender vir middagete gekanselleer word omdat die raad die verkeerde datum gegee het. Die publikasie sê verder dat elkeen van die sewe streke 500 000 Namibiese dollar vir hulle gedenkdienste ontvang het wat 3,5 miljoen dollar laat van die 7 miljoen dollar begroting.