Europese leiers skep plan vir vrede, sal aan VSA voorlêMarch 3, 2025

Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê Europese leiers het ingestem oor ‘n vierpuntplan om ‘n ooreenkoms in Oekraïne te verdedig en vrede te waarborg. Die leiers het gister ‘n noodspitsberaad in Londen gehou, na ‘n vuurwarm woordewisseling Vrydag tussen die president van Oekraïne Volodymyr Zelensky en sy Amerikaanse ampsgenoot Donald Trump in die Withuis. Starmer sê die plan behels om militêre hulp na Oekraïne aan die vloei te hou en ekonomiese druk op Rusland te versterk: