Slenter met NamWater betaalstrokies doen die rondes
‘n Nuwe slenter het na vore getree met bedrieërs wat vals NamWater-betaalstrokies gebruik om ondernemings en individue te mislei, veral dié in die korttermynleningsbedryf. In ‘n onlangse voorval is ‘n bedrieglike betaalstrokie na bewering gebruik om geld onder valse voorwendsels te bekom. NamWater sê die dokument, wat versprei is, het nie die unieke veiligheidsfunksies van egte NamWater -betaalstrokies nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met NamWater-woordvoerder Lot Ndamanomhata.