Akkerbouraad gesels oor mahangu produksie vanjaarFebruary 21, 2025
Namibië se graanproduksie het in 2024 skerp gedaal weens die ernstige droogte. Volgens die Grain Snapshot 2025 -verslag van High Economic Intelligence het mahangu-produksie, anders as wit mielies en koring, relatief stabiel gebly met plaaslike opbrengste wat grootliks aan die binnelandse vraag voldoen. In 2024 het Namibië egter net 690 ton mahangu geproduseer, en 2 982 ton moes ingevoer word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gilbert Mulonda, die Namibië Akkerbouraad se bestuurder van akkerbou en tuinbou, oor die vooruitsigte vir mahangu vanjaar.