Vlugopnemers van Delta-ramp vir ontleding gestuurFebruary 19, 2025

Kanadese ondersoekers het sê hulle het die vlugopnemers van die Delta Airlines-straler vir laboratoriumontleding gestuur. Dit kom ‘n dag na die ongeluk waar die straler op die aanloopbaan omgeslaan het tydens landing en 21 mense beseer het. ‘n Span van meer as 20 Kanadese ondersoekers lei die ondersoek. Op die oomblik is daar talle bespiegelings maar daar was winde en droë sneeu op die aanloopbaan. Die wrak word op die oomblik verwyder en die aanloopbaan behoort teen môre weer oop te wees.