Oshikoto is die begunstigde van rys-skenkingFebruary 18, 2025

China het 27 200 50kg-sakke rys aan die droogtehulp-program geskenk. Die besending het hierdie week aangekom en is bedoel vir droogteverligting in die Oshikoto-streek. China se reaksie volg op die president se beroep op internasionale en plaaslike vennote om die impak van die droogte te help versag. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Maxmus Halwoodi, ‘n skakelbeampte by die kantoor van die eerste minister, wat meer inligting gee.