Djokovic sê Sinner se skorsing in onregverdigFebruary 18, 2025

Die 24-malige Grand Slam-kampioen, Novak Djokovic, sê die meerderheid spelers voel Jannik Sinner se skorsing is vreemd en onregverdig, en glo die groot name in sport word voorgetrek. Die Italiaanse wêreld-nommer-een het ʼn onmiddellike skorsing van drie maande aanvaar nadat hy ʼn ooreenkoms met die Wêreldagentskap teen Verbode Middels in Sport bereik het oor sy twee positiewe verbode middel-toetse verlede jaar. Djokovic sê die stelsel moet hersien word om te keer dat spelers laer op die punteleer anders behandel word as hulle nie toetse slaag nie: