VSA het miljarde in SA bygedraFebruary 14, 2025

Business Leadership South Africa sê die verlies aan Amerikaanse befondsing is wesenlik, veral vir Pepfar, die president se noodplan vir vigsverligting, wat ʼn belangrike deel is van die land se bestuur van die MIV/vigs-pandemie. Pepfar het verlede jaar 8,5-miljard Suid-Afrikaanse rand bygedra tot regstreekse befondsing aan Suid-Afrika wat ʼn groot deel is van die 30-miljard rand wat aan die stryd teen MIV bestee is. BLSA se uitvoerende hoof, Busiswe Mavuso, sê Amerika bly ʼn belangrike handelsvennoot.