Unam en Namport werk saam op Walvis-lagoonFebruary 14, 2025
Unam en Namport het hul verbintenis tot omgewingsvolhoubaarheid herbevestig deur ‘n memorandum van verstandhouding oor die Walvisbaai-lagoon te onderteken. Die lagoon is ‘n Ramsar-aangewese vleiland van wêreldwye belang wat ‘n verskeidenheid seelewe en plaaslike visserye ondersteun. Die moniteringspoging sal gelei word deur die Unam Sam Nujoma-kampus op Hentiesbaai. Kosmos 94.1 Nuus het met Simon Namesho, die woordvoerder van Unam, gepraat.