Saoedi sal ook sterk drank in 2034 by toernooi verbiedFebruary 14, 2025
Die gasheer, Saoedi-Arabië, gaan sy verbod op sterk drank handhaaf tydens 2034 se Wêreldbekertoernooi, maar lede van die LGBTQ Plus-gemeenskap word verwelkom. Die koninkryk het die gebruik van alkohol in 1952 verbied. Dit is ook nie tydens die Wêreldbekertoernooi in Katar in 2022 toegelaat nie, maar bier was beskikbaar in toegewese sones. Saoedi-Arabië se ambassadeur in Brittanje, Khalid bin Bandar Al Saud, sê mens kan steeds pret hê sonder alkohol. Hy sê ook almal is welkom, want dit is ʼn wêreld-geleentheid.