München Sekuriteitsberaad sal somber weesFebruary 14, 2025
Die München Sekuriteitsberaad begin vandag in die stad en vrede in die Oekraïne sal hoog op die agenda wees. Die Britse verdedigingskenner kolonel Simon Diggins sê aan SkyNews dat daar spanning sal wees en verder, dat Europa nie sy kant van die Navo-ooreenkoms nagekom het nie. Europa sal moet begin kyk na die Oekraïne.