GOOD sê Kaapse regering misluk met bendegeweldFebruary 14, 2025

Die GOOD-party sê die DA-geleide regering in die Wes-Kaap misluk met die aanspreek van die kultuur van bendes op die Kaapse Vlakte. Sewe mense is dié week binne die bestek van twaalf uur doodgeskiet in afsonderlike voorvalle in Kaapstad, wat vermoedelik met bendes verband hou. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die premier Alan Winde en burgemeester Geordin Hill-Lewis moet hulle volledige planne verduidelik om die Kaapse Vlakte reg te ruk: