GIPF vereis biometriese verifikasie teen einde FebruarieFebruary 10, 2025

Die Staatsinstellings Pensioenfonds het ‘n beroep op alle pensioenarisse, hul kinders en gadebegunstigdes gedoen om hul biometriese verifikasie teen 28 Februarie te voltooi om te bevestig dat hulle nog lewe. Diegene wat die sperdatum mis, se pensioenbetalings sal vanaf 28 Maart opgeskort word. GIPF doen ‘n beroep op begunstigdes om die mobiele verifikasie-toep so gou moontlik te gebruik om te verseker dat voordele korrek en sonder vertragings betaal word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Katrina Sikeni, die fonds se bestuurder vir belanghebbende-betrokkenheid, wat verduidelik hoekom die proses belangrik is.