Dr. Hage Geingob Presidensiële Sentrum word na sy wense gestig
Die Namibiese nasie herdenk die lewe van wyle president Hage Geingob, wat verlede jaar op hierdie datum oorlede is. Sakeman Amos Shiyuka het by die geleentheid by die Helde-akker aangekondig dat ‘n gedenksentrum genaamd die Dr. Hage Geingob Presidensiële Sentrum gestig sal word. Geingob het oorspronklik die idee geïnisieer. Shiyuka, voorsitter van die Dr. Hage Geingobbeker-reëlingskomitee, het die opbrengs van die 10de en laaste Dr. Hage Geingobbeker oorhandig. Die bedrag van 150 000 Namibiese dollar sal na die sentrum gaan. Voormalige eerste dame Monica Geingos het by die geleentheid gepraat en gee meer inligting oor die sentrum.