Net Neckartal, Oanob vat water

Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is daar 18,8 persent waterbronne oor in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien. Von Bach is op 24,6 persent, en Swakoppoort staan op 24,3 persent. In die Suide is Hardap op 14,8 persent met 1,6 miljoen kubieke meter wat die afgelope week vir die groenskema onttrek is. Neckartal is 79,8 persent vol na inloop van 728 000 kubieke meter. Naute by Keetmanshoop is op 27 persent en die Oanobdam by Rehoboth op 32,9 persent na inloop van 319 000 kubiek. Die Ooste se totale bronne is op 1,6 persent met die Otjiverodam op 1,3 persent en die slikdam op 1,7 persent. Die Truida Viljoendam by Gobabis is dolleeg en die Daan Viljoen is op 10,2 persent. In die Noorde het die Olushandjadam water gevat en is op 38,1 persent.