Cosatu sê regering moet met VSA skakel oor hulp-beleid
Cosatu vra die Suid-Afrikaanse regering om te skakel met sy eweknie in Amerika om die status uit te klaar van die uitvoerende bevel oor die Herbeoordeling en Herbelyning van Buitelandse Bystand. Die sekretaris van Cosatu in KwaZulu-Natal, Edwin Mkhize sê die halsoorkop instelling van die opdrag veroorsaak pyn vir arm mense en neem nie werkers se voortbestaan in ag nie. Hy sê werkers is gestrand gelaat: