Voertuigeienaars wag steeds op betaling na verkiesingswerkJanuary 14, 2025

Die Verkiesingskommissie van Namibië het nog nie die voertuigeienaars wat hul voertuie vir gebruik tydens die verkiesing verskaf het, betaal nie. Die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka, sê die vertraging is veroorsaak deur die groot volume betalings wat verwerk moes word. Meer as 3 000 eienaars het hul voertuie beskikbaar gestel en die betaling van stem- en verkiesingsbeamptes het voorrang gekry. Siluka het in ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê dat voertuigeienaars se betalings tans verwerk word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *