Dwelmfondse van N$5,4m by AriamsvleiDecember 16, 2024

Twee groot dwelmfondse is die naweek by die Ariamsvlei grenspos gemaak. Saterdag is twee Namibiërs gearresteer na 8,8kg vermeende kokaïen ter waarde van sowat 4,4 miljoen Namibiese dollar in hul Iveco-bus gekry is. Dit was in agt pakke verpak en onder die voorste sitplekke versteek. Sondag het polisie om die grenspos gepatrolleer en afgekom op ‘n swart drasak wat agter ‘n bos versteek was. Daarbinne was nege verseëlde plastieksakke met altesaam 9 045 Mandrax tablette, gewaardeer op sowat 1 085 000 dollar. Hulle kon geen spoor vind van wie dit daar weggesteek het nie.